‘n Man wat probeer gewig verloor, klim op die badkamerskaal. Sy vrou vra: ‘Hoe vaar jy?’ Hy antwoord: ‘Goed, net een probleem; volgens hierdie skaal behoort ek 20 sentimeter langer te wees.’ As dit kom by ware dissipelskap, laat Jakobus ons op die skaal klim:
1) Waar dit gaan om hongeres te voed: ‘SĂȘ nou daar is ‘n broer of ‘n suster wat nie klere het nie en dag vir dag honger ly, en sĂȘ nou een van julle sou vir hulle sĂȘ: “Mag dit met julle goed gaan; gaan trek julle warm aan en eet genoeg,” maar julle gee nie vir hulle wat hulle nodig het om van te lewe nie, wat help dit dan? So gaan dit ook met die geloof: as dit nie tot dade oorgaan nie, is dit sonder meer dood’ (vv. 15-17 NV).
2) Waar dit gaan om mense lief te hĂȘ en met respek te behandel: ‘SĂȘ nou daar kom in julle samekoms ‘n man in met goue ringe aan sy vingers en met deftige klere aan en daar kom ook ‘n brandarm man in met ou klere aan en sĂȘ nou julle maak ‘n ophef van die man met die deftige klere en julle sĂȘ vir hom: “Kom sit u hier gemaklik,” maar vir die arm man sĂȘ julle: “Gaan staan jy daar anderkant” of: “Kom sit hier by my voete,” – het julle dan nie onder mekaar onderskeid gemaak en mense op grond van verkeerde oorwegings beoordeel nie?’ (vv. 2-4 NV).
3) Waar dit gaan om vir die behoeftiges te sorg: ‘Egte en suiwer godsdiens voor God die Vader is om weeskinders en weduwees in hulle moeilike omstandighede by te staan…’ (Jakobus 1:27 NV). Ontvries jou leerstelling! Haal jou teologie van die tekenbord af en gebruik dit op ‘n praktiese wyse. Komaan – weeg jouself op hierdie skaal.
Bron : Radiokansel.co.za