
Die eerste groep sê: “As my geloof genoeg is, sal ek nooit siek of arm wees of probleme hê nie.”
Die tweede groep sê: “Ek het meer bekommernisse as Job.”
Die waarheid is dat jou geloofsvlak in die moeilike tye duidelik sigbaar is.
As jy finansieel met jou rug teen die muur is, het jy geloof nodig om te glo dat God Jehovah Jireh – die Here wat voorsien – is.
As jy sukkel met jou gesondheid, het jy geloof nodig om te glo dat Hy Jehovah Rapha – die groot geneesheer wat belowe om gesond te maak – is.
Jesus het gesê: “Wie in My bly dra baie vrugte…” Let op dat die seën kom as jy “in God bly”. Om opgewonde te raak oor die vrugte voor jy geleer het hoe om die saad te saai, beteken dat jy God uiteindelik dien vir wat Hy doen, in plaas daarvan vir wie Hy in jou lewe is.
Hier is nog iets om oor na te dink: moenie jou geloof gebruik om ander te verkleineer nie. Ja, die Christelike lewe is ‘n oorlogsveld, en die grootte van die aanval hang af van jou Godgegewe taak en die belonings wat daarna wag.
In daardie sin is Satan se aanval ‘n kompliment. Jy sal gereeld gesnoei word om meer vrugbaar te word. Dit is ook dan wanneer dit selfs belangriker is om in God te bly. Moet dus nie opgee of ineenstort nie, want na hierdie toets sal jy ‘n getuienis hê van God se goedheid.
Bron : Radiokansel


