Wanneer jammer nie genoeg is nie

Jammer

Jammer‘n Groot insident of ’n klein irritasie kan ʼn verhouding kelder. Dikwels is meer as net “Ek is jammer” nodig om ʼn verhouding te herstel. New York Times-topverkoperouteur Gary Chapman en Jennifer Thomas het saamgespan om hierdie baanbrekerstudie te doen oor hoe ons verskoning maak en graag wil ontvang.

Die vyf maniere wat die skrywers vasgestel het, is:

  • “Ek is jammer”: Spreek spyt uit
  • “Ek was verkeerd”: Aanvaar verantwoordelikheid
  • “Hoe kan ek dit regmaak?”: Vergoed
  • “Ek wil verander”: Toon opregte berou
  • “Kan jy dit oor jou hart kry … ?”: Vra vergifnis

Dié praktiese boek sluit af met ’n lys goed wat jy nié moet sê in situasies waar vergifnis nodig is nie en ook ’n vraelys om lesers te help om hul vergifnis-styl vas te stel. Wanneer “jammer” nie genoeg is nie sal jou help om op die regte manier verskoning te vra en die weg baan na emosionele genesing en versoening

Scroll to Top