Waarheen is jy op pad?

waarheen

waarheenWanneer laas het jy werklik gaan sit en dink waar-heen jy op pad is? As vanaand jou laaste stopstraat is, het jy jou kanse behoorlik benut? Het jy spore gelaat waarin ander kan volg? Waarheen is jy op pad? bring 12 gesoute lewensreisigers bymekaar om vir jou raad te gee op die lewenspad.

Francis Chan, Bill Hybels, Gordon MacDonald en Eugene Peterson is van die skrywers wat bemoedi-ging, wysheid, praktiese raad uit hul persoonlike erva-rings en Bybelse leiding gee oor omstandighede wat ons almal raak.

Hierdie geestelike mentors bespreek temas soos:

  • Die noodsaaklikheid van eerlike selfassessering
  • Die kuns van konflikbestuur
  • Slegte situasies is wonderlike geleenthede
  • Die noodsaaklikheid van gereelde rus
  • Mentor ander na geestelike volwassenheid

Ons is almal op dieselfde reis, op pad na dieselfde eindbestemming. Met die hulp van dié wat reeds die pad gestap het, kan ons vrede en perspektief op ons reis vind. ( Lees meer)

Scroll to Top