Afrikaans Graad 8
Maak ‘n sin met “ter aarde bestel” – Wie op ter aarde bestel so ‘n groot koek?
Wiskunde Graad 9
Gee die formule om die oppervlakte van ‘n sirkel te bepaal. – Paai straal kordaat.
Aardrykskunde Graad 10
Hoe het berge ontstaan? – Deur baie sterk winde.
Rekenaarstudie Graad 12
Waarom moet rekenaargebruikers gereeld rugsteunkopiee maak? – Sodat hulle nie rugpyn kry nie.
Geskiedenis Graad 11
In watter jaar het Suid-Afrika ‘n unie geword? – Ek weet nie meneer. Maar ‘n Geseënde Kersfees en ‘n voorspoedige Nuwejaar vir meneer en meneer se gesin.
Afrikaans
Voltooi: Hoe kaler jonker… – Hoe stouter in die donker.
Wiskunde Graad 8
Wat is regoorstaande hoeke? – Dit is hoeke wat vir mekaar kyk.
Geskiedenis Graad 8
Waarom is die Mona Lisa-skildery so baie werd? – Omdat sy so ‘n mooi vrou was.
Bybelkunde Graad 8
Waar het die koning van Israel twee afgodsbeelde laat oprig? – In Jerusalem en Gauteng.
Wat is ‘n vlieende piering? – ‘n Ding soos hierdie: O
Waar word sykouse vervaardig? – By Pep Stores.
Waarom is die seun in die verhaal gestraf? – Omdat hy sy eie virgin van die volkslied gesing het.
Noem drie soorte grafiese rekenaarpakkette wat’n mens kry.
-Reghoekiges, rondes en langwerpiges.
Noem die vier seisoene. – Sout, peper, mosterd en asyn.
Hoe word dou gevorm? – Die son skyn op die blare en dan sweet hulle.
Wat veroorsaak getye in die see? – Die getye is ‘n geveg tussen die aarde en die maan. Al die water wil na die maan vloei, want daar is nie water op die maan nie. Ek het vergeet waar die son in die geveg inkom.
Watter waarborge kan ‘n bank vereis as hulle ‘n huisverband toestaan? – As jy ‘n huis koop, kan hulle aandring dat jy goed geërf het.
Wat is ‘n terminale siekte? – As jy op die lughawe siek word.