Voetstoots

Voetstoots d8301

Voetstoots d8301Was jy al ooit in ‘n afslagwinkel waar van die handelsware “uitskot” of “koop voetstoots” gemerk is? Hulle sê jou nie waar die fout is nie, en as jy dit eers gekoop het, kan jy dit nie teruggee nie. Ons almal lewe in die “voetstoots”-afdeling. Dink ‘n bietjie aan die mense in jou lewe. Hulle is ‘n verskeidenheid van sterk- en swakpunte. As jy volmaaktheid wil hê, is jy in die verkeerde winkel. Wat is die punt hiervan?

Jy kan net suksesvolle verhoudings met mense hê as jy hulle “voetstoots” liefhet en aanvaar. Moenie die mite glo dat die meeste gesinne “normaal” is behalwe joune nie. As jy dit glo, is verhoudings ‘n eindelose poging om ander mense reg te kry, hulle te beheer of om voor te gee dat hulle iets is wat hulle nie is nie.

Thomas Merton het gesê: “Liefde is om jou geliefdes toe te laat om hulself te wees, en hulle nie te verander om by jou eie prentjie in te pas nie. Anders is ons net lief vir die weerspieëling van onsself wat ons in hulle sien.” ‘n Kenmerk van geestelike volwassenheid is om te besef dat niemand perfek is nie, en om ‘n besluit te neem om hulle lief te hê ten spyte daarvan. Paulus skryf: “Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar… Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe.” (Kolossense 3:13 NV).

Om iemand “voetstoots” lief te hê beteken om te fokus op hul sterk eienskappe en om hulle te ondersteun met die dinge waarmee hulle sukkel.

Bron : Radiokansel

Scroll to Top