
Hulle het nie, dus het ek net slegter gevoel. Ek het gedink as ek net kon verstaan waarom ek in sulke verhoudings betrokke raak, ek beter sou voel. Ek het boeke gelees en met terapeute gepraat. Dit het ook nie gehelp nie, want ek het net ander kwessies ontdek wat ek nie kon hanteer nie. Ek het gedink dat tyd die wonde sou heel. Dit het gehelp, maar nie gesond gemaak nie. Ek het gedink ek sou beter voel deur te verhuis en ‘n ander pos te aanvaar. Ek het nie; slegs my adres het verander, nie my innerlike nie.
Uiteindelik het ek twee dinge gevind wat gehelp het – ook nie oornag nie, maar geleidelik soos ek my daarop toegespits het. Eerstens, ek het besluit om te vergewe, aanhoudend, totdat die verlede my nie meer kon beheer nie. Tweedens, ek het na God geroep, “Bring my terug en herstel my.” Hy het. My troebel insig het verhelder en my gebroke hart het herstel. Waarom? Want, uiteindelik, het herstel soveel meer vir my ingehou as om ‘n slagoffer te bly.’
Bron : Radiokansel


