
Ons weet nie wat die toekoms inhou nie, net God weet. Hy lei ons voetstappe deur vrede in ons gemoed, of die gebrek daaraan. Die Heilige Gees tree soos ‘n skeidsregter op. Indien die spelers binne die baan bly, is hulle vry om rond te beweeg. Wanneer die spelreëls oortree word, of die bal uitgeskop word, blaas die skeidsregter egter sy fluitjie en herstel die orde. Onrus kan beteken dat die ‘hemelse skeidsregter’ die fluitjie geblaas het. Die bal word soms deur onverwagte teenslae uitgeskop; ander kere tree ons oor die kantlyne, deur aan versoeking en sonde toe te gee. As ons slim is, sal ons stop wanneer die fluitjie blaas en op God wag om ons vrede te herstel. Die Bybel sê, ‘…[jy sal] in vrede gelei word…’ Dit beteken nie dat jy altyd sekerheid oor jou besluite sal hê nie. Jy sal egter altyd vrede ondervind wanneer jy die regte besluit neem.


