Voel jy vandag asof jy aangeval word? Let dan op die vier goed wat die Apostels gedoen het toe hulle deur die owerheid bedreig is omdat hulle gehoorsaam was aan God:
(1) Hulle het vir God betrek. “En nou, Here, kyk hoe dreig hulle ons,” (Hand. 4:29). Het jy al met die Here daaroor gepraat? As dit nie groot genoeg is om ‘n gebed te wees nie, is dit beslis te klein om ‘n las te wees! God moet die eerste persoon wees waarmee jy iets bespreek, nie die laaste een nie. Gebed is die deur waardeur Hy jou omstandighede binnekom, maar jy moet Hom innooi.
(2) Hulle het gebid vir sterker geloof. “Gee … u dienaars … volle vrymoedigheid,” (Hand. 4:29). Dit is onrealisties om te verwag dat al jou vrae beantwoord sal word en dat al jou vrese sal verdwyn. Vrees en geloof sal altyd deel wees van jou lewe. As jy ‘n oorwinnaar wil wees moet jy leer om jou vrese uit te honger en jou geloof te voed (sien
(3) Hulle het verwag dat God sal inmeng. “Steek u hand uit,” (Hand. 4:30). Die dissipels is deur ‘n verskriklike storm saam met Jesus en het dus presies geweet wat Hy
(4) Hulle is almal met die Heilige Gees vervul (Hand. 4:31). Hier is die sleutel – hulle het hulle energie behou en hulle laat lei deur die Gees van God. Jy moet dit gebruik. Jy mag maar jou gawes gebruik, solank as wat jy op God steun!
© Kopiereg Radiokansel 2007 (www.radiokansel.co.za)


