2011-10-26 071724

Elisa het ander gedien het tot die dag van sy dood. ‘Elisa het siek geword en op sterwe gelê. Koning Joas van Israel het hom besoek en oor hom gehuil.’ (2 Konings 13:14 NLV). Op sy sterfbed het Elisa die koning gehelp om sy vyande te verslaan. Jy kan ook ander mense help, selfs wanneer jy deur diep waters gaan.

Jy kan miskien soos ‘n huigelaar voel omdat jou eie lewe nie so wonderlik is nie, maar jy kan hulle steeds help. Jy sal vind dat uitreiking na ander die fokus van jou af neem, jou terneergedruktheid minder maak, jou beter laat voel. Elisa se invloed was ná sy dood steeds daar. Elia het aan Elisa gesê, ‘Wat kan ek vir jou doen?” “Laat my asseblief ‘n dubbele erfgenaamsdeel van u gees ontvang,” antwoord Elisa.’ (2 Konings 2:9 NLV).

Elisa het sewe wonders gedoen. Toe hy die dag dood is, het Elisa nog net dertien gedoen. Het God dan nie sy versoek toegestaan nie? Nee. ‘Daarna het Elisa gesterf en hulle het hom begrawe. Moabitiese bendes het die land binnegeval [hulle was] besig om ‘n man te begrawe toe hulle so ‘n bende plunderaars opmerk. Hulle gooi toe die liggaam gou in Elisa se graf. Maar net toe die liggaam Elisa se bene raak, het die dooie man herlewe!’ (2 Konings 13:20-21 NLV). Wonder nommer veertien – Elisa het tog die dubbelporsie ontvang! Jesus het gesê, ‘Ek wat julle uitgekies het om te gaan vrugte dra, vrugte wat sal hou’ (Johannes 15:16 NLV).

Bid dus, ‘Here gee my ‘n erfporsie van regverdigheid. Laat my invloed langdurig wees. Gee aan my vrugte wat sal hou.’

Bron : Radiokansel

Scroll to Top