
Pastoor James Bradley werp lig op hierdie moeilike onderwerp. Hy wys daarop dat daar in Hebreërs 11 staan dat sommiges “aan die swaard ontkom het” (Heb. 11:34 NV), terwyl ander “met die swaard vermoor” is (Heb. 11:37 NV). Maar kyk na vers 39: “…terwyl daar oor hulle almal vanweë hulle geloof met soveel lof getuig is.” Bradley skryf: “Dis duidelik dat ons geloof nie altyd volgens resultate kan beoordeel nie. Geloof is ‘n deug en waardevol op sy eie meriete. Ons geloof is nie gebaseer op wat ons kry nie, maar op Wie ons vertrou.”
Met verwysing na Debbie se dood het hy geskryf: “Sy het nie haar geloof in die steek gelaat nie en haar geloof het haar nie in die steek gelaat nie. Sy was, en is, ‘n wonderlike voorbeeld van vertroue op God in die moeilikste van die lewe se uitdagings. Sy is ‘n geloofskampioen, en ek is geïnspireer deur haar onwrikbare geloof in en liefde vir die Here.”
Bron : Radiokansel




