Ken die seisoene

RKLogo_Reg

RKLogo_RegOns lewe volgens seisoene en hierdie seisoene het ‘n begin en ‘n einde. Verskillende seisoene is die sleutel tot ‘n lang lewe. As jy dit nie verstaan nie, sal jy rigting verloor, want as een seisoen verby is het jy niks om saam te neem na die volgende seisoen nie. Dit is hoekom suksesvolle boere gedurig hul kropgewasse roteer. Hulle plant koring op een land en wanneer die seisoen verby is, word die land omgeploeg en braak gelê. Terselfdetyd is hulle besig om lusern te oes op ‘n ander land, waarna daardie land ook deur die rusproses gaan. In die lente ruil hulle om en plant lusern op die koringland en andersom.

Deurdat Paulus vir Timoteus sê om “tydig en ontydig” gereed te wees, het hy hom aangemoedig om sy geestelike horisonne te verbreed. Timoteus moes verstaan dat daar ‘n tyd is om mense reg te help en ‘n tyd om hulle te bemoedig (Sien 2 Tim 4:2 NLV). Tydsbereking is so belangrik. Om suksesvol te wees moet jy die seisoen waarin jy jouself bevind, herken en daarvolgens optree.

Jy moet ook verstaan dat God meer belangstel in die diepte van jou wortels as die omtrek van jou takke; meer belangstel in kwalitiet as kwantiteit. Dit is hoekom Hy jou worstelinge gebruik om die gehalte grond (en siel) te kweek wat goeie vrugte sal lewer. Van tyd tot tyd sal Hy storms toelaat om daardie mense en dinge weg te waai wat sy werke in jou verhinder.

© 2009 Radiokansel.co.za

Scroll to Top