
Die Psalmdigter skryf: ‘Hoe goed, hoe mooi is dit as broers eensgesind saamwoon! Dit is soos kosbare olie op die kop wat afloop op die baard… van Aäron, tot op die soom van sy kleed. Dit is soos die dou van Hermonberg wat val op die berge van Sion. Want daar gee die Here sy seën…’ (vv. 1-3 NLV). God se werk is logies. Die olie drup af, nie op nie. Dit baat niks as diegene onder jou dink jy is wonderlik nie, tensy diegene bo jou daarmee saamstem.
Totdat jy voorgaande verstaan, sal jy vatbaar wees vir die invloed van die mense wat, om hulle eie redes, jou wil laat verstaan hoe wonderlik jy eintlik is en hoe jy sake moet reël. In God se koninkryk word jy nie goedgekeur totdat Hý jou goedkeur nie: ‘”Hý is my geliefde Seun… Doen wat Hy vir julle sê.'” (Matteus 17:5 NLV).
Om enigsins iets belangrik vir God te kan doen, moet jy jou eers onderwerp aan die leierskap van mense wat jou kan inspireer, onderrig, en wanneer die tyd daarvoor ryp is, jou kan vrylaat om jou roeping uit te voer. Leer die protokol wat saam met die pos gaan. Die olie loop af, nie op nie!


