Stel Grense (1/4)

border2203

border2203Wanneer is ”n goeie ding te veel’? Kan ek jou help sonder dat jy my seermaak? Kan ons, ons lewens deel sonder dat ek nodig het om myne op te gee? Wanneer het jy regtig my hulp nodig?

Dit bly ‘n uitdaging om die balans tussen ‘genoeg’ en ‘te veel’ in verhoudings te vind. Dis nie maklik nie, veral as jou rol neig om ‘alles vir almal op alle tye’ te wees, en hulle s’n is ‘ek is hulpeloos, jy skuld my, sorg vir my’; as jy nooit ‘nee’ sê nie en hulle nooit ‘ja’ sê nie.

Die behoefte om nodig te wees vir mense wat jou dreineer en altyd wil hê iemand moet vir hulle sorg, plaas hulle in die bestuurstoel – en dryf jou tot raserny. Hulle is nooit gelukkig nie; maak nie saak wat jy doen nie. Jy doen dus meer om hulle gelukkiger te maak en jouself minder skuldig te laat voel, en jy sit uiteindelik met ‘n reuse dilemma. Hulle is vies omdat jy nie genoeg gee nie, en jy is vies omdat hulle nie waardeer wat jy gee nie.

Maar nie een van julle weet hoe om die siklus te breek nie. Die verhouding raak ‘n web waarin daar meer van dieselfde gedrag plaasvind, en beide partye haat mekaar en waardeer die ander glad nie.

Huwelike, families, vriendskappe, werksplekke, kerke en sosiale groepe val vas in so ‘n ‘redder-slagoffer’-patroon waarin hierdie twee soorte mense ‘n dans doen wat beide haat maar wat hulle nie kan stop nie.

Herken jy jouself? Indien wel, is jy besig om na ‘n gesonder, minder toksiese verhouding te beweeg.

Bron : Radiokansel

Scroll to Top