
Op hierdie mees vernederende dag in my lewe, het die wĂȘreld se bemoedigendste ski-instrukteur (ja, ek het ‘n instrukteur gehad!) saam met my gewerk. Sy het die heeltyd kalm gebly, nooit vir my gelag of gesĂȘ: “Jy is onmoontlik! Ek bedank!” nie. Daardie liewe, minsame dame het my meer kere opgehelp as wat ek
Daardie dag het God vir my ‘n onvergeetlike illustrasie gegee van die waarde van bemoediging. Sonder haar woorde en gees, sou ek beslis my ski’s opgehang het, teruggegaan het na die hut toe, en kort voor lank voor ‘n knetterende vuurtjie gesit het en my voete warm gemaak het. Wat een maal per jaar geld vir ‘n beginner op die sneeu, geld elke dag vir die mense wat ons ontmoet. Hulle word bestook met eise en spertye, gewond deur kommer, teĂ«spoed en mislukking, afgebreek deur ontnugtering en oorwin deur sonde, en lewe ĂȘrens tussen volslae ontnugtering en loutere paniek. Ons elkeen het bemoediging nodig en die mooiste deel van bemoediging is: Enigiemand
© Kopiereg 2007 Radiokansel www.radiokansel.co.za


