Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Sit jou verlede agter jou (1)
Wanneer God jou toekoms bepaal, kyk Hy nie na jou verlede nie.
Maria Magdalena was bekend as ‘n prostituut. Nadat Christus haar egter vrygespreek het, was sy een van die laaste mense wat van die kruis af weggegaan het (sien Matt. 27:55-61) en een van die eerste mense wat ontdek en verkondig het dat Hy opgestaan het (sien Matt. 28:7). Omdat sy Christus en die toekoms wat Hy vir elkeen van ons bied, omhels het, word daar sedertdien, deur elke geslag wat na haar gekom het, eervol van haar gepraat. Petrus was ‘n visserman met ‘n bitter kort humeur en ‘n paar antisosiale gewoontes. Tog het God hom met soveel geestelike krag gevul dat skares tot bekering gekom het wanneer hy gepreek het (sien Hand. 2:40-41). Jakob se naam het “bedrieër” beteken en hy het sy naam gestand gedoen deur daarvolgens te leef. Maar God het hom herskep en sy naam na Israel verander wat beteken: “‘n Prins saam met God” (sien Gen. 32:24-30). Rut was ‘n Moabiet wat as ‘n afgodedienares grootgeword het – nie juis ‘n goeie begin nie. Nadat sy egter begin het om die ware God te dien, het sy deel geword van die geslagslyn van Koning Dawid en ons Here Jesus Christus (sien Matt. 1:5). Saggeus, ‘n alombekende geldverduisteraar, het vir Jesus slaapplek in sy huis gegee en op die ou end ‘n filantroop geword. Wat van Paulus? Hy het Christene doodgemaak, maar God het hom nie afgeskryf nie. As ‘n apostel het hy deur die inspirasie van die Heilige Gees meer as die helfte van die Nuwe Testament geskryf, is hy in die Hemel opgeneem waar hy ongelooflike goed gesien het (sien 2 Kor. 12:1-4) en het doeke of voorskote wat aan sy lyf geraak het en op siekes gesit is, hulle gesond gemaak (sien Hand. 19:11-12).
As God al hierdie goed kon doen met “mense met ‘n geskiedenis”, kan Hy mos beslis ook aan jou ‘n nuwe begin gee!