
Paulus skryf: “Nie dat ons op eie houtjie iets kan bedink asof dit ons eie breinkind is nie. Ons bekwaamheid kom van God, wat ons bekwaam gemaak het om as bedienaars van die nuwe verbond op te tree, nie met die wet as inhoud nie, maar met die Gees as inhoud. Want die geskrewe letter maak dood, maar die Gees maak lewend” (2 Kor 3: 5-6 NLV).
Toe God jou vrygemaak het, het hy Sy wet in jou hart en verstand geskryf (Sien Heb 10:16). Dit beteken dat hy ‘n verhouding met jou wil hê van binne af. Jy behoort nie ‘n eksterne stel reëls te volg nie, want jy het God se Woord jou eie gemaak, en dit is jou hartsbegeerte om hom te gehoorsaam en te eerbiedig.
© 2009 Radiokansel.co.za


