Perfeksionisme

Perfectionism-Article




Untitled Document

Perfectionism-ArticleHoë standaarde en aandag aan detail is prysenswaardig, dit toon werktrots. Rasegte perfeksioniste voer dit egter hopeloos te ver en is nóóit tevrede nie. Abraham Lincoln se Gettysburg-rede word as een van die grootste toesprake óóit beskou, maar hy het dit ‘n ‘klaaglike mislukking’ genoem. Perfeksioniste beskou geleenthede om uit te blink as kanse om te misluk; daarom ervaar hulle nooit ‘n gevoel van genoegdoening nie, selfs al bereik hulle hulle doel. Niemand kan egter op aarde volmaak wees nie. Ons moet maar daaraan gewoond raak dat ons almal onvolmaak is.

‘…Ons ken [nou] maar net ten dele…’ (1Korintiërs 13:9 NLV). Dus: 1) Gee jouself toestemming om te misluk, sodat jy sukses kan behaal. Henry Ford het gesê, ‘Mislukking is slegs die kans om slimmer oor te begin.’ 2) Moenie bang wees om te probeer nie, al sal jy waarskynlik aanvanklik nie presteer nie. Jy sal miskien nie perfekte resultate behaal nie, maar agterkom dat ‘so-so’ tóg vordering kan wees. 3) Gee skiet. Vergewe jouself en ander. Emerson het gesê, ‘Dwase konsekwentheid is die paaiboelie van ‘n klein gees.’ 4) Moenie in klein besonderhede vasval nie. Stel ‘n tydgrens; sê, ‘Ek gaan net dertig minute hieraan spandeer’. ‘n Bekende raadgewer sê, ‘Stel redelike verwagtinge …doen jou bes en moedig ander aan om dieselfde te doen. Foute en tekortkominge bepaal jou individualiteit. Verlustig jou daarin. Koester dit… jy is menslik …God het jou só gemaak.’ God beoordeel ons foute nie naastenby so kras as wat ons dit sélf doen nie. Hy ‘…weet dat ons net stof is.’ (Psalm 103:14 NLV).


Scroll to Top