Jimi le Roux se daaglikse oordenkings, Padlangs, bestaan al meer as 11 jaar en word aan meer as 7 000 intekenare uitgestuur. Padlangs deur die lewe is ’n uitvloeisel van dié oordenkings.
Geloof is meer as net passief stilsit. Jimi daag lesers in Padlangs deur die lewe uit met vier spesifieke aspekte wat duidelik onderskei word met ikone:
Lees, dink, bid en doen. Dit wat jy lees, is bedoel om diep oordink te word en dan daaroor in gesprek met God te tree. Hy moedig lesers ook aan om iets spesifieks te gaan doen om te bou aan hul geloof.
Temas soos beleef God, mense is belangrik en aanvaar jouself sal lesers lei tot sterker geloof.
Die 366 dagstukke in Padlangs deur die lewe sal elke leser weer vars na hul geloof laat kyk en hulle motiveer om op te staan vir dit waarin hulle glo. ( Lees meer )