Oom Louis

tweaser171209

Oom Louis, my Pa se jongste broer is sy hele lewe lank ‘n karakter. Stories oor wat hy alles gedoen het en die moeilikheid waarin hy gekom het is legendaries. Maar as ek aan hom dink kan ek nie help om die prentjie te sien waar ons een naweek vir hulle gaan kuier het en hy al die kinders opdrag gegee het om enige grys haar op sy kop uit te trek nie.

Ons het soos vlieë om sy kop gewerk, elkeen gewapen met ‘n “tweaser”. Op die spel was een sent per grys haar. Ek dink my takings vir die dag was 5c!

Geestelik moet ons dieselfde doen, laat die Heilige Gees toe om die tweaser te wees en jou te vorm in die Potterbakker se hande.

Johann

Scroll to Top