Bybel

BybelOntsluit die Bybel is ’n omvattende Bybelreis van Genesis tot Openbaring deur bekroonde skrywer Stephan Joubert saam met Leonard Maré. Dié Bybelstudie bou voort op Stephan se uitstekende publikasie Ontsluit die Nuwe Testa-ment. Ontsluit die Bybel bied die 95 studies oor die Nuwe Testament wat apart verskyn het, en 71 splinternuwe studies oor die Ou Testament saam in een bundel.

Deel 1 van hierdie boek bespreek: “Hoe verstaan en ge-bruik ons die Bybel reg?” Daarna volg die fokus op die Bybel self in Deel 2 (Ou Testament) en Deel 3 (Nuwe Testament). Die Ou en Nuwe Testament word vir die leser uitgelê deur die volgende te bespreek:

  • Die ontstaansituasie
  • Die opbou of verhaal
  • Uitbeelding van die hooffigure en/of die hooftemas
  • ’n Reis deur die boek

Ontsluit die Bybel begelei die leser in meer as 160 dele om self dieper te delf ten einde die onderskeie Bybelboeke se teologie, opbou, inhoud, doel, verhaalgang en styl te verstaan. ( Lees meer )

Scroll to Top
Scroll to Top