
Deel 1 van hierdie boek bespreek: “Hoe verstaan en ge-bruik ons die Bybel reg?” Daarna volg die fokus op die Bybel self in Deel 2 (Ou Testament) en Deel 3 (Nuwe Testament). Die Ou en Nuwe Testament word vir die leser uitgelê deur die volgende te bespreek:
- Die ontstaansituasie
- Die opbou of verhaal
- Uitbeelding van die hooffigure en/of die hooftemas
- ’n Reis deur die boek
Ontsluit die Bybel begelei die leser in meer as 160 dele om self dieper te delf ten einde die onderskeie Bybelboeke se teologie, opbou, inhoud, doel, verhaalgang en styl te verstaan. ( Lees meer )




