
dat jy dit wat aan jou gegee is, teruggee. Paulus het daarop gefokus om: (a)
Christus bekend te maak; (b) ‘n kerk te bou wat sal voortgaan om Christus
bekend te maak. En Hy het hierdie verantwoordelikheid ernstig opgeneem:
“Ek staan onder ‘n verpligting teenoor Grieke en nie-Grieke, teenoor
ontwikkeldes en ongeleerdes (om) die evangelie te verkondig,” (Rom.
1:14-15, NAV). ‘n Mens noem dit “om te lewe buite jouself!”
Self-dienende mense beskou hulle talente en hulpbronne as besittings. Diensbare
mense sien hulself as ontwikkelaars van God se landgoed, hulle weet dat hulle
nie die eienaars is nie, maar dit slegs vir Hom bestuur.
Nadat Elie Wiesel ‘n paar maande in ‘n Nazi
konsentrasiekamp deurgebring het, het hy net vir een ding gelewe – om terug te
gee aan ander. Hy was ‘n professor aan Boston Universiteit, en het graag die
wysheid en lewenservaring wat hy op sy vele reise opgedoen het, met sy studente
gedeel. Een vraag wat hy dikwels vir die jongmense gevra het, was: “Hoe
gaan julle die voordele en verantwoordelikhede hanteer wat die gemeenskap
eendag op julle gaan plaas? Terwyl hy aan hulle leiding gegee het, hy ook sy
verantwoordelikheidsin met hulle gedeel: “Dit wat ek ontvang het, moet ek
oordra aan ander. My kennis moenie opgesluit bly in my brein nie. Ek is dit aan
baie mans en vroue verskuldig om iets met my kennis te doen. Ek voel genoodsaak
om dit wat aan my gegee is, terug te betaal. Noem dit dankbaarheid.
beteken dat ‘n mens moet aanvaar dat die hele lewe nie begin het met my
geboorte nie. Ander het voor my al gelewe en ek loop in hulle voetspore.”
Jou lewe is ‘n verhaal. Jy kry elke dag ‘n
geleentheid om op ‘n nuwe bladsy te skryf. Vul daardie bladsye met ‘n
verantwoordelikheidsin teenoor God, teenoor ander en teenoor jouself. As jy dit
doen, sal jy op die ou end nie teleurgestel word nie.
© 2007
Radiokansel. www.radiokansel.co.za




