Om op te mars na Sion

RKVoordat Dawid gekwalifiseerd was om as koning in Sion te regeer, moes daar op drie plekke bepaal word of hy getrou is. Bestudeer hulle versigtig, want jy moet ook drie toetse slaag:

 

(1) Tuis in Bethlehem. Dit is waar Dawid geleer het hoe om verantwoordelik te wees, hard te werk en sy gesin te onderhou, om ‘n verhouding met God te bou en die jaloesie van ander (weens God se guns in sy lewe) af te skud. Jy leer tuis verantwoordelikheid vir klein takies, sodat jy later getrou sal wees aan groot take. Hier word jou karakter gebou en bewys jy dat ander op jou kan staatmaak.

(2) In die grot van Adullam. Deur tussen diegene te leef wat deur die gemeenskap verstoot is, het Dawid geleer hoe om homself aan ander te gee sonder om enigiets terug te verwag, om lief te hê en ander te dien selfs wanneer hy aangeval word. “Adullam” is waar ons eie koninkryk sterf en God se Koninkryk deur ons vertoon word. Dit is hier waar God klaarsp eel met elke selfsoekende, selfdienende motief in ons harte. Ongelukkig kom party van ons nooit uit die grot uit nie.

(3) Op Berg Hermon. Die woord Hermon beteken “verbond”. Dit was die hoogste berg in Israel en daar was geen maklike pad boontoe nie, die hele pad is opdraande. Dit is hoe verbondsverhoudings werk! Dit verg jou lojaliteit ten spyte van die omstandighede, trou ten spyte van die koste, vergifnis ten spyte van pyn. Wanneer ons begin om op hierdie manier te lewe, sal die wêreld weer na Sion (die kerk) draai vir antwoorde, want hulle sal sien hoe God deur ons werk.

© Kopiereg 2007 Radiokansel www.radiokansel.co.za

Scroll to Top