
Is jy ‘n slagoffer van jou omstandighede? Wendy Blight vertel, ‘Ek het so geleef vir ‘n dekade. Op 21 is ek deur ‘n gemaskerde vreemdeling in my woonstel verkrag. Ek het pas my universiteitskursus voltooi met lof geslaag, aan ‘n wonderlike man verloof geraak en is ‘n fantastiese pos aangebied. Die aanval het my verpletter. Ek was vasgevang in ‘n tronk van angs en wanhoop. Toe het ek Christus gevind. Sy woorde het my siel deurboor. Ek was daardie man op die slaapmatjie gewoond aan my plek van hartseer, ek was vasgevang as ‘n slagoffer. Die Bybel sê, ‘Die woord van God is vol lewenskrag en energie. Dit vlek ons diepste motiewe en oorwegings oop’ (Hebreërs 4:12) en die woorde het my getref. Ek het besef ek sou die eerste tree moes gee. Ek het my vrees, bejammering en leed laat vaar. Ek het geleer dat God ‘n plan vir my lewe en ‘n doel met my pyn het. Ek sou dit egter nooit kon raaksien nie, totdat ek die moed het om op te staan.
As jy op die slaapmatjie is maak God se Woord oop. Laat Hom toe om te praat oor hoop en genesing. Voordat jy kan opstaan, moet jy jou vrees, pyn en wanhoop aan Hom oorgee.
Bron : Radiokansel (Inhoud aangepas)



