
Hy het sy redakteur gevra: “Wanneer gaan ek opdragte vir ordentlike stories begin kry?” Sy knorrige ou redakteur het geantwoord: “Niks wat jy skryf, gaan ooit so noukeurig gelees word as dit wat jy nou skryf nie. As jy ‘n naam verkeerd spel of die datum verkeerd het, gaan jy ‘n familie seermaak. Maar as jy iemand se ouma of ma tot haar reg laat kom, vereer jy ‘n lewe, en die familie sal vir ewig dankbaar wees. Hulle sal jou woorde laat lamineer.”
“Ek het belowe om die ekstra oproepe te maak,” vertel Zinsser. “Ek sou ekstra vrae vra; ek sou ook die tweede myl saamloop.” Dit kom uit die Bergrede uit – skryf doodsberigte vir ander soos wat jy sou wou hê ander doodsberigte oor jou moet skryf. Zinsser het uiteindelik ander skryfwerk gedoen, en het ook ‘n boek geskryf oor skryfwerk, waarvan meer as ‘n miljoen eksemplare verkoop het.
Dit sou egter nie gebeur het as hy homself nie daarop toegelê het om uitstekende doodsberigte te skryf nie. Die punt is: as jy nie die Gees kan ervaar in die werk wat jy vandag doen nie, sal jy die Gees glad nie vandag ervaar nie (want Hy is alomteenwoordig).
Bron : Radiokansel




