Leer van ander

knowledge0612

knowledge0612Kennis in die meeste vakgebiede verdubbel elke vyf jaar. As jy nié bybly nie, gaan jy agterraak. Om dieselfde lesse oor en oor te herhaal, beteken dat jy nie genoeg leer nie. Jy moet ander mense wat suksesvol was, bestudeer om te sien wat jy móét en nié moet doen nie. Admiraal Hyman Rickover sê, ‘Leer uit die foute van ander, want jy gaan nooit lank genoeg leef om hulle almal self te maak nie.’ Gebruik die volgende drie riglyne om ‘n hoër sport te bereik.

Eerstens, moenie terugdeins van mense met meer ondervinding en kundigheid as joune nie. Petrus skryf, ‘God het aan elkeen van julle ‘n genadegawe gegee. Met hierdie gawes moet julle mekaar dien …’ (1 Petrus 4:10 NLV). Ons sukkel maar almal op die een of ander gebied, maar pasop dat jou onsekerheid nie as arrogansie beskou word nie.

Tweedens, moenie mense probeer beïndruk deur te maak asof jy hulle intellektuele gelyke is nie. Wanneer ‘n bespreking jou intimideer, luister aandagtig, vra vrae, praat slegs oor sake waarvan jy grondige kennis dra, en luister mooi na die dinge waarvan jy niks weet nie. Volgende keer sal jy ‘n voorsprong hê.

Laastens, moenie die klas bywoon as jy nie die huiswerk gedoen het nie! Jou redevoering, kleredrag en gees moet gereed wees wanneer God jou na nuwe hoogtes voer. Vra die raad van ‘n goeie vriend wat weet waarnatoe jy mik. Kry boeke en lees totdat jy die basiese begrippe verstaan. Salomo sê, ‘ ‘n Koning het vreugde in bedrewe amptenare.’ (Spreuke 14:35 NLV). Hoe meer jy sorg dat jy gereed is; hoe meer geleenthede sal God aan jou gee.

Bron : Radiokansel

Scroll to Top