Leer om soos Jesus te leef

lifelike0207

lifelike0207Het jy al agtergekom dat Jesus nie bang was vir mislukking nie? Dit is omdat hy nooit eers daaraan gedink het nie. Sy Vader het Hom reeds verseker dat Hy enigiets kon doen. Hy het ook nooit bekommer dat daar genoeg sal wees nie.

Hoe het Hy dit gedoen? Hy het gedurig gebid en naby sy Vader gebly. Daarom het Hy geweet hoe om vis te vang wanneer die visse nie wou byt nie, of om belastinggeld in ‘n vis se mond te kry wanneer Hy dit nodig gehad het. Die Here mag dalk nie op dieselfde manier aan jou voorsien nie, maar Hy het belowe om vir jou te sorg (1 Pet 5:7). Vandag sê Jesus vir jou, “Kom leer van my, want Ek is sag en nederig van hart, en julle sal nuwe krag kry” Matteus 11: 29 NLV

Stres word veroorsaak deur ons behoefte om alles vooraf te weet – en te beheer. Selfs nadat ons gebid het en die situasie aan die Here oorhandig het, dink ons steeds aan die oplossing net ingeval Hy die situasie nie hanteer soos wat ons dink Hy moet nie. Doen jy dit? Jy gee tog nie jou geld vir die bank en lê dan heelnag en bekommer daaroor nie? Jy behoort ten minste soveel vertroue te hê in die Here. Elke keer wat jou gedagtes dwaal na “Hoekom? Wat? Waar? Wanneer?”, hou op daarmee en gee dit terug vir God. Gee dit vir die God wie se geloof nooit taan nie, die God wat die reg verdien het om te vra, “Is daar enigiets wat te moeilik is vir die Here?” (Gen 18:14 NLV). Met ander woorde – leer om soos Jesus te leef.

© 2009 Radiokansel.co.za

Scroll to Top