Die antwoord op jou bekommernisse

positive

positiveJou woorde is of vir jou of teen jou. Die Bybel sê: “Die tong het mag oor dood en lewe, die wat lief is om te praat, sal die gevolg dra.” Die profeet Jeremia skryf: “Ek het U woorde verslind toe hulle gekom het, hulle was vir my ‘n vreugde…” (Jer. 15:16 NV). Die Psalmskrywer skryf: “… maar in hulle nood het hulle na die Here geroep om hulp, en Hy het hulle bevry van hulle ellende. Hy het hulle met ‘n enkele woord gesond gemaak.” (Ps 107:19-20). God se Woord is die medisyne wat bekommernisse gesond maak. Wat God te sê het oor die kwessie moet dus ook wees wat jy te sê het daaroor, anders weerspreek jy Hom en verwyder jy jouself van die bron van alle seën. As jy wys is, sal jy jouself omring met mense wat ook so dink en wat volgens God se Woord praat, en jou tyd beperk met diegene wat geen belangstelling daarin het nie.

As jy die regte tipe vrugte wil kweek, moet jy die regte klimaat hê. Die woorde wat jy sê (en waarna jy luister) bepaal die klimaat van jou lewe, die rigting waarin dit gaan en die resultate wat jy kry. Daar is geen “geheim” vir sukses nie. Die Bybel sê dat wanneer jy leer om die Woord van God “dag en nag [te] oordink”, “hy… voorspoedig [sal wees] in alles wat hy aanpak.” (Ps 1:1-3).

Die antwoord op jou bekommernisse lê dus in God se Woord.

Bron : Radiokansel

Scroll to Top