
Amandelbloeisels beteken dis lente. Seisoensveranderinge is ‘n teken van God se getrouheid. Dit gee jou die hoop dat die winterseisoen waarin jy nou is binnekort sal verander om nuwe lewe te bring. Hoe kan jy seker wees hiervan? Die Bybel sê God “…sal sy verbond altyd onthou…” (Psalm 105:8 NLV). In die lewe het elke belegging die moontlikheid van verlies. God het te veel in jou belê om toe te laat dat Sy planne vir jou lewe vernietig word. Die skade wat ander aan jou kan doen, word beperk deur die skild van God se doel vir jou. Selfs as jy nie bewus is daarvan nie, red Hy jou “…uit die kloue van die dood…” (DB). Dink na oor sommige van die deure wat Hy toegemaak het wat nie daardie tyd sin gemaak het vir jou nie.
Nou besef jy dat die vyand wat agter party van daardie deure gewag het jou sou vernietig sonder Sy leiding en beskerming, ne?
Bron : Radiokansel



