Dink bietjie hieroor: Jesus nooi ons nie uit om Hom te volg, omdat ons in Hom glo nie. Hy nooi ons uit omdat Hy aan ons glo! Hy sê: “Kom agter My aan, en Ek sal julle vissers van mense maak,” (Matt. 4:19, OAV). Hy weet wat ons potensiaal is as God ons lewens aanraak. Matteus, ‘n Jood, het belasting ingesamel namens die Romeine wat sy mense onderdruk het. In hulle oë was hy laer as skuim. Tog het Jesus hom geroep en was hy die skrywer van die eerste boek van die Nuwe Testament.

Toe Natanael deur Jesus geroep is, was hy baie skepties oor Jesus. “‘Kan daar uit Nasaret iets goeds kom?’ ‘Kom kyk,’ het Filippus hom geantwoord,'” (Joh. 1:46, NAV). Selfs nadat hy drie jaar lank sy wonderwerke gesien het en sy boodskappe gehoor het, was die dissipels steeds onseker en moes Hy dikwels vir hulle sê: “Kleingelowiges! Waarom glo julle nie? As julle net geglo het, sou julle ook sien.” Jesus het geweet dat hulle angstig was oor wat sou gebeur wanneer Hy hulle verlaat en teruggegaan het Hemel toe, en Hy het vir hulle gesê: “Ek sal die Vader vra, en Hy sal vir julle ‘n ander Voorspraak stuur om vir ewig by julle te wees,” (Joh. 14:16, NAV). Die Griekse woord vir Trooster is paracletos wat beteken ‘een wat langs jou kom staan om jou te help.’ Daar sal nooit ‘n dag wees waarop jy nie God se hulp nodig het nie!

Kom net soos jy is. Kom met jou eiegeregtige of ongure geskiedenis. Kom met jou bagasie of Bybel. Kom, selfs al wonder jy of Hy kan doen wat Hy belowe. Laat sy krag en teenwoordigheid aan jou afsmeer. Wat het jy om te verloor? Jy het jou manier probeer en dit het nie gewerk nie. Probeer nou sy manier. Kom. Jy sal nie spyt wees nie!

© 2007 Radiokansel. www.radiokansel.co.za

Scroll to Top