
Die Bybel sê: “Maar geen wapen wat teen jou gemik word, sal iets teen jou kan uitrig nie…” (Jes 54:17 NLV) Dit sluit enigiets in wat jou en jou gesin probeer vernietig; ou wonde, pynlike herinneringe, verslawings en ou sondes – alles moet buig voor die naam van Jesus wanneer Hy geprys word.
Toe die man wat tussen die grafte gewoon het, Jesus begin aanbid het, het die bose magte geskreeu: “Los my uit, Jesus, Seun van God die Allerhoogste!” (Mark 5:7 NLV) Satan se bose geeste wil niks in gemeen hê met Jesus nie – en al wat Hy met hulle te doen het, is om hulle uit te dryf!
Dawid het gesê: “Dan sal ek my kop hoog oplig bokant my vyande wat my omring …terwyl ek sing en met musiek die Here loof.” (Ps 27:6 NLV) So hardloop vandag na Jesus toe, val by sy voete neer en kom daardeur met aanbidding.
Kopiereg 2009 Radiokansel




