Jy is steeds in Sy hande

Image“Soos klein in die pottebakker se hand, so is julle in my hand,” Jeremia 18:6
God het vir Jeremia beveel om na die pottebakker se huis toe te gaan en te kyk hoe hy sy stukke maak: “En die voorwerp wat hy besig was om te maak, het misluk soos dit gaan met klei in die hand van die pottebakker, maar hy het daaruit weer ‘n ander voorwerp gemaak soos dit in die oë van die pottebakker reg was om dit te maak,” (Jer.18:4) Wie het die eerste voorwerp verwoes? Die pottebakker! Hoekom? Want Hy wou iets beter maak! Hier is die goeie nuus: die lewe mag jou dalk verwoes het, maar jy is steeds in God se hande! Jou familie en vriende mag dalk dink dat God jou nie meer kan herstel nie, maar sy opinie is die enigste wat saak maak! Jou lewe mag dalk lyk asok dit buite beheer geraak het, maar jy is eintlik nog steeds veilig op die pottebakker se wiel. “Soos klein in die potterbakker se hand, so is julle in my hand.”
Op ‘n dag het een van Michelangelo se vriende gesien hoe hy ‘n stuk marmer bewerk wat hy op ‘n ashoop naby Rome gevind het. Toe hy vir die kunstenaar vra wat hy doen, het Michelangelo geantwoord: ”Daar is ‘n engel binne-in vasgevang en ek is besig om hom vry te laat.” Hoe wonderlik! Vanuit die vullishoop tot in die uitstalkas. ‘n Waardelose stuk marmer is verander in ‘n ongelooflike kunswerk. Hanna het gesê: “Hy laat die geringes uit die stof opstaan, Hy hef die armes op van die ashoop af … Hy skenk hulle ‘n ereplek,” (1 Sam. 2:8). Toe Jesus sy dissipels geroep het, het Hy gesê: “Kom saam met My, en Ek sal julle vissers van mense maak,” (Matt.4:19). Jy word nie gekwalifiseerd gebore nie jy moet werk om gekwalifiseerd te word. Hoe? Deur tyd saam met Jesus deur te bring! Bly waar die Here jou vandag geplaas het en laat Hom toe om aan jou te werk. Jy sal nie spyt wees daaroor nie.
© Radio Kansel 2008 (www.radiokansel.co.za)
Scroll to Top