‘Issumagijoujungnainermik’

ImageIn ‘n komiese toneeltjie kla twee vriende bymekaar oor ‘n derde se gewoonte om ‘n mens altyd op die bors te druk met ‘n wysvinger as hy met jou praat. Die wys toe die ander ‘n klein buisie met hoogs plofbare inhoud en sĂȘ “Ek gaan dit om my nek bind en dit oor die plek laat hang waar hy gewoonlik met sy vinger steek. Volgende keer sal hy dit berou!” Maar die vriend sal ook! Dit gaan op sy bors ontplof. Want ‘n oog vir ‘n oog word ‘n nek vir ‘n nek, ‘n werk vir ‘n werk en ‘n reputasie vir ‘n reputasie! Paulus sĂȘ: “Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe.” Vergeet daarvan voordat dit in haar verander! Morawiese sendelinge het ‘n woord in die Eskimo-taal gesoek wat vergifnis beteken. Hulle het die woord “issumagijoujungnainermik” ontdek – ‘n 24-letter lange tongknoper wat letterlik beteken: “om nie meer daaraan te kan dink nie”. Ware vergifnis beteken dat jy kan aanbeweeg en weier om weer te dink aan dit wat gebeur het.
Om iemand een maal te vergewe is makliker as om dit aanmekaar te doen, nie waar nie? Jy hoef nie hulle optrede goed te keur of te maak asof dit nie gebeur het nie. Wees genadig, maar hou jou afstand. Nadat Dawid vir Saul gekonfronteer het, het hy hom nie uitgenooi vir ete nie. Die Bybel sĂȘ: “Saul (het) huis toe gegaan, maar Dawid en sy manne het opgegaan na die bergskuiling toe,” (1 Sam. 24:23, NAV). Jy kan iemand vergewe wat teen jou oortree het sonder om daarna noodwendig goeie vriende met hom te wees. Paulus het geskryf: “Pas op vir diĂ© wat verdeeldheid veroorsaak en die mense afvallig maak van die leer wat julle ontvang het. Bly weg van hulle af,” (Rom. 16:17, NAV).
Vergifnis is nie dwaasheid nie; dit is ‘n geleentheid om die persoon deur God se oĂ« te sien.
© Radio Kansel 2008 (www.radiokansel.co.za)
Scroll to Top