RK‘n Man wat volgehou het dat hy
‘n perd ingesluk het, is na ‘n psigiater verwys wat ‘n operasie aanbeveel het.
Die sjirurg het ingestem dat daar ‘n perd in die operasiesaal ingebring kan word, sodat die man
kon weet dat die operasie suksesvol was. Maar, nadat hy sy bewussyn herwin en
sy oë oopgemaak het, het die man uitgeroep: “Dit is die verkeerde perd!
Hy’s wit. Die een wat ek ingesluk het was swart!” Te veel kommer en te min
realisme – dit is hoekom Christus so dikwels sê dat ons ons nie moet bekommer
nie (wat beteken dat ons nie verward moet wees of verdeelde aandag moet hê
nie).

Jy moet besef: Bekommernis (a) Mors jou tyd en energie. Jesus het gesê: “Wie van
julle kan
deur hom te bekommer sy lewe met een enkele uur verleng?” (Matt. 6:27,
NAV). Dit is ‘n medies bewysde feit dat bekommernis nie jou lewe verryk of
verleng nie, maar dit eerder verkort. (b) Deur jou lewensvreugde te steel. Hoe?
Deur vir jou bagasie te laat dra wat God nie wou hê jy moes dra nie – want Hy
het dit reeds gedra. (c) Laat jou minderwaardig voel. Jesus wys vir ons dat ons
veel meer werd is as die voëls in die lug, tog bekommer hulle nie oor wat hulle
moet eet nie. Hulle geniet bloot die lewe. Komaan! As God vir hulle sorg, dink
jy nie Hy sal vir jou ook sorg nie? (d) Veroorsaak dat jy God se beloftes
miskyk. “Hy het sy eie Seun nie gespaar nie, maar Hom oorgelewer om ons
almal te red. Sal Hy ons dan nie al die ander dinge saam met Hom uit genade
skenk nie?” (Rom. 8:32, NAV). Let op die gebruik van “al die ander
dinge”. Dit sluit jou huidige omstandigehede in maar ook jou toekoms en
verlede.

Hou dus op om jou te bekommer!

© 2007 Radiokansel.
www.radiokansel.co.za

Scroll to Top