Groei in leierskap in

eensaamheid

eensaamheid‘n Strokiesprent wys ‘n bestuurder wat verlore agter ‘n groot lessenaar sit. Aan die ander kant van die lessenaar is ‘n man in werksklere wat sê: “As dit jou laat beter voel, dis eensaam hieronder ook.” Die waarheid is dat jy eensame mense bo, onder en in die middel sal vind. Eensaamheid is nie ‘n probleem wat met jou posisie te doen het nie; dit het met verhoudings te doen. Die Engelse gesegde, “it’s lonely at the top”, is nie deur ‘n goeie leier uitgedink nie. As jy alleen is, volg niemand jou nie. En as niemand jou volg nie, lei jy nie regtig iemand nie. Doeltreffende leierskap gaan daaroor om ander mense op te hef en nie jouself te verhef nie. Om mense op te hef, moet jy naby aan hulle wees.

As ‘n leier, moet jy altyd die volgende drie dinge onthou:

1) Om geloofwaardigheid te hê, moet jy dit tot bo maak. Baie mense wil jou raad gee oor goed wat hulle nooit ervaar het nie, maar geloofwaardigheid word verdien as jy die prys betaal om persoonlike sukses te behaal.

2) Om respek te hê, moet jy erken dat jy nie op eie stoom tot bo gekom het nie. Sir Edmund Hillary het Berg Everest uitgeklim omdat hy die regte span gehad het. Jy het ook een nodig.

3) As jy vervulling wil ervaar, moet jy ander mense saam met jou na bo vat.

“Ons is God se werkspan.” Ware sukses is gedeelde sukses, en dit word net bereik as jy bereid is om in die lewens van ander te belê.

Broin : Radiokansel

Scroll to Top