
Een van Engeland se begaafdste predikers het besluit dat sy vrou se swak gesondheid hom nie sou toelaat om ‘n groot konferensie in Amerika toe te spreek nie. Hoewel sy kaartjie gekoop was, het die skip sonder hom vertrek. So het J Stuart Holden ‘n gulde beroepsgeleentheid gemis. Die toegewyde eggenoot het sy vrou versorg en probeer om nie te dink aan die geleentheid wat hy misgeloop het nie.
Ons is te maklik teleurgesteld wanneer ons planne nie uitwerk nie; te maklik ontmoedig wanneer ons “wonderlike beroepsgeleenthede” misloop. Deur te kla bevestig ons dat ons God nie ken soos wat ons beweer ons doen nie. Vertraging is meestal net die beskermende hand van ‘n liefdevolle Vader. Dit was beslis so vir Holden. Tot die dag van sy dood het hy nooit weer God se tydsberekening bevraagteken nie. Die ongebruikte kaartjie was vir die nuwe luukse skip – die H.M.S Titanic!
Kopiereg 2009 Radiokansel



