
In ‘n studie in Amerika is egter gevind dat geld mense vereensaam en te veel geld lei dikwels tot ‘n meer selfsugtige persoonlikheidstyl. In ‘n wereld wat soms baie sterk materialisties dink, lei te veel geld dikwels tot ‘n gebrek aan gemeenskaps betrokkenheid en dit beperk mense in hulle uitreik na ander wat swaar kry in die gemeenskap. Kathleen Vohs en van haar kollegas aan die Universiteit van Minnesota maak die opmerking in die tydskrif Psychologies van Junie 2007: “Geld lei daartoe dat mense te selfonderhoudend word en geen verhoudings word in die familie en vriendekring gekoester en uitgebou nie.”
Om net aan geld te dink lei daartoe dat mense dit verkies om op hulle eie te leef en selfs alleen te werk. Ons denkprosesse oor geld en goed bring dus ‘n afstand tussen mense. Dit bring ook mee dat mense soms nie as vrywilligers betrokke wil raak by welsynsorganisasies nie. Selfs die geldelike bydraes aan kerke en welsynsorganiasies word dan beperk al is daar genoeg persoonlike fondse om die werk te ondersteun.
Skielik het ek besef dat geld nie alles is nie! Dit is dalk nie eers “naby aan alles” nie.
Stephan Van Heerden



