
Gebed beweeg God! En wanneer God beweeg, verander mense en situasies! Jesus het vir Petrus gesê: ‘… Satan het daarop aangedring om julle soos koring te sif. Maar Ek het vir jou gebid dat jou geloof jou nie begewe nie. As jy weer tot inkeer gekom het, moet jy jou broers versterk’ (vv. 31-32 NV). En God het daardie gebed beantwoord! Ondanks sy verloëning van Christus, het Petrus uiteindelik een v an die grootste geestelike ontwakings in die geskiedenis gelei en is twee van die boeke in die Bybel na hom vernoem.
Slegs die ewigheid sal die lewens onthul wat deur gebed gered is en die verkondigings wat daardeur herstel is. Daar is geen afstand in gebed nie. Deur gebed kan jy jou in enige situasie projekteer, enige tyd, enige plek op aarde, en die belofte opeis, ‘… Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit al ontvang het, en dit sal vir julle so wees’ (Markus 11:24 NV). Toe die Filistyne op die punt was om Israel uit te delg, het Samuel gesê: ‘… ek sal vir julle tot die Here bid (1 Samuel 7:5 NV). En die uitkoms? ‘… Die Here het ‘n groot donderweer oor die Filistyne laat losbars…’ (v. 10 NV). Miskien was dit wat die oumense bedoel het toe hulle gepraat van “‘n storm te bid”! God kom op uitnodiging. Jou gebede maak die deur na Hom toe oop. Wanneer jy ook al in Jesus se naam bid, word die Heilige Gees gemagtig om aan die werk te spring om namens jou die dinge te bereik wat nie op enige ander wyse bereik kan word nie.
Onthou dit volgende keer wanneer jy weer vir iemand sê: ‘Ek bid vir jou’.
Bron : Radiokansel




