Dis ‘n Geloofstoets

jc_ryle1804

jc_ryle1804Toe Jesus verduidelik het wat dit verg om Hom te volg, het sommige van Sy dissipels nie daarvoor kans gesien nie. Die impak van dié wat volhard het, word egter tot vandag toe in die wêreld gevoel. Sy apostels het geleer om elke beproewing as ‘n kans om hulle geloof te versterk en effektiwiteit te verbeter, te beskou.

Beproewing is geleenthede om iets van waarde aan God oor te gee. Beproewing is soos ‘n aanslag op jou, doen jou geweld aan, tog voel jy nie ver van God nie; beproef, maar nie veroordeel of beskuldig nie. Die Psalmdigter skryf, ‘U het ons beproef, O God, soos silwer ons gesuiwer… en tog gebring waar daar oorvloed is.’ (Psalm 66.10-12 NLV). Elke beproewing moet jou meer as die vorige een leer – verby dít wat jy alreeds bereik het, stoot. Jy moenie weghardloop of wegdraai wanneer jy voel asof jy jou absolute limiet bereik het nie, want dan sal jy nooit weet hoeveel jy op God kan vertrou nie – of hoeveel Hy jóú kan vertrou nie. Die vuur wat ons soos silwer louter, kan wees dat jy afgedank word, ‘n mislukte verhouding of ernstige siekte ervaar, of dat jy jou goeie naam verloor. Maar saam met God is die eindresultaat nooit in die weegskaal nie. Indien jy sou wonder: ‘Hoeveel kan ek nog verduur?’, luister dan na Biskop JC Ryle, ‘Ons kan slegs daarvan seker wees dat indien môre ‘n kruis sou bring, sal die Een wat dit gestuur het ook die genade stuur om dit te dra.’ In God se koninkryk werk dit so: Geloof beproef, karakter verfyn, oorvloed gegee.

Bron : Radiokansel

Scroll to Top