Dis genade!

RKLogo_Reg

RKLogo_RegDie woord ‘genade’ is so belangrik dat Paulus dit drie keer meer noem as ander skrywers. Gedagtig aan die geweldadige lewe wat hy gelei het: “Hoewel ek die geringste van die gelowiges is, het Hy aan my hierdie voorreg gegee om aan die heidennasies die evangelie van die onpeilbare rykdom van Christus te verkondig.” Die woord ‘genade’ kom van die Griekse woord charis, wat ‘suiwer vreugde’ beteken. Alhoewel jy dit nie verdien nie, het God aan jou ‘suiwer vreugde’ gegee. Wat ‘n voorreg!

In Johannes 8 word ‘n vrou op heter daad betrap terwyl sy owerspel pleeg. Die wet is baie duidelik oor haar straf. Die Fariseërs is gereed om haar te stenig. Sy weet dat Jesus, wat regverdig is, moet saamstem. Sy het nie ‘n prokureur om haar te verdedig nie, nie eers ‘n karaktergetuie nie! Jesus buk skielik af en begin in die grond skryf. Sommige geleerdes het gereken dat Hy moontlik hulle sondes se tyd, plek, ensovoorts neerskryf. Toe Hy opkyk, is die wat haar beskuldig het weg. Hy sê: “Ek [oordeel jou] ook nie. Gaan maar en moet van nou af nie meer sonde doen nie,” (Joh. 8:11, NAV). Jesus het haar uit die posisie van erkende skuld tot een van onvoorwaardelike vergewing gebring. Sy het dit nie verdien nie, en het nie geweet dit is moontlik nie. En dis met jou ook so, nie waar nie?

Een dag het Abraham Lincoln gesien hoe ‘n plantasie-eienaar op ‘n slawemeisie bie. Omdat hy gedink het die plantasie-eienaar gaan haar koop en dan misbruik, het Lincoln die prys betaal om haar te bevry. “Beteken dit ek kan sê wat ek wil?” het sy gevra. Lincoln het geantwoord: “Ja.” Weer vra sy: “Beteken dit ek kan gaan waar ek wil?” Weer het Lincoln gesê: “Ja, jy is vry!” Met trane wat teen haar wange afloop het sy geantwoord: “Dan gaan ek saam met jou, meneer.” Dit is genade!

© Radio Kansel 2008 (www.radiokansel.co.za)

Scroll to Top