Die voordele van swaarkry

2011-09-13 201911

2011-09-13 201911Ons moet struikelblokke te bowe kom sodat ons sekere eienskappe kan ontwikkel om God se doel vir ons lewens te kan bereik. Dit kan op geen ander manier gebeur nie! Paulus spel die voordele van swaarkry in sy tweede brief aan die Korintiërs uit. Ja, daar is voordele. Kom ons kyk na ‘n paar van hulle.

Eerstens, ‘…ons ook in staat sal wees om mense in al hulle swaarkry by te staan…’ (2 Korintiërs 1:4). Wanneer mense besef dat jy uit ondervinding praat, is hulle bereid om te luister. Die antwoorde wat ander mense nodig het, is ingebou in die probleme wat jou laat groei. Wanneer jy sê, ‘Ek het dit ook al ondervind,’ respekteer mense jou en luister met aandag na wat jy sê. Ondervinding is een van jou grootste bates en iets wat God gebruik.

Tweedens, ‘…ons nie op onsself sou vertrou nie…’ (2 Korintiërs 1:9). Enigiets wat ons dwing om meer op God te vertrou, is ‘n bate, nie ‘n las nie. Dis slegs wanneer ons van ons skatte verloor, soos ons huwelik, werk, geliefde, gesondheid, of ons vrede dat ons na God gaan en tot die besef kom wat Hy kan doen. Derdens, ‘…die gebede van baie mense ‘n genadegawe vir ons bring…’ (2 Korintiërs 1:11). Onthou jy hoe jou lewe was voordat die Here dit verander het? Die Psalmdigter skryf, ‘Hy het… my opgetel uit die afgrond van die dood, uit die modder en die slym. Hy het my voete op ‘n rots laat staan…’ (Psalm 40:2. Prys God vir sy genade aan jou! Waar sou jy sonder Hom wees?

Bron : Radiokansel

Scroll to Top