Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Moenie jou geliefdes afskeep nie
Die bekende Skotse skrywer en historikus, Thomas Carlyle, het met sy sekretaresse Jane Welsh getrou. Sy het aangehou om vir hom te werk, maar toe sy siek raak het Carlyle, wat toegewyd was aan sy werk, dit nie opgelet nie en sy het haar werk voortgesit. Maar sy het kanker gehad en was uiteindelik bedlêend. Alhoewel Carlyle haar innig lief gehad het, het hy nie baie tyd of aandag aan haar gegee nie. Sy het gesterf. Na die begrafnis het Carlyle na Jane se kamer gegaan, haar dagboek gesien en dit begin lees. Op een bladsy het sy ‘n enkele sin geskryf: “Gister was hy ‘n uur hier en dit was hemels: ek is so lief vir hom.” Die realiteit was skielik vir hom duidelik. Hy was te besig om op te let hoe baie hy vir Jane beteken het. Hy het gedink aan al die tye wat hy versonke was in sy werk en haar glad nie raak gesien het nie. Hy het nie haar leiding gesien nie. Hy het nie haar liefde gesien nie. Op die volgende bladsy het hy die woorde gelees wat hy nooit sou vergeet nie: “Ek het heeldag geluister na sy voetval in die gang maar nou is dit laat en ek neem aan hy gaan nie vandag kom inloer nie.” Hy het haar dagboek teruggesit en uit die huis gehardloop. Sy vriende het hom by haar graf gekry, besmeer met modder. Sy oë was rooi gehuil en die trane het teen sy wange afgestroom. “As ek maar net geweet het”, het hy uitgeroep. Na Jane se dood het Carlyle min poging aangewend om weer te skryf.
Televisieaanbieder Brandon Brooks het sy eie huis as model gebruik om die jongste sekuriteitsmaatreëls aan kykers te wys. Hy het 'n gesofistikeerde alarmstelsel en ander…