Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Die verdeel-en-oorwin strategie
In die Nuwe Testament, het “‘n man met ‘n onrein gees Hom van die begrafplaas af tegemoet gehardloop. Hy het tussen die grafte gebly.” (Mark 5:2,3 & 5 NLV) Hoekom het hierdie man in ‘n begraafplaas buite die stad gewoon, verwyder van die mense wat vir hom omgegee het? Want Satan se strategie is om te “verdeel-en-oorwin”, deur ons te isoleer van die mense wat vir ons omgee. Sonder jou ondersteuningsnetwerk kan hy jou makliker oorrompel. Hy sal jou probeer oortuig: “jy is nie soos die ander nie; jy is beter”, of: “jou situasie is uniek as gevolg van jou agtergrond; ander kan nie met jou omstandighede identifiseer nie.” Die probleem kom in wanneer jy begin dink dat die reëls nie vir jou geld nie, omdat jy mos kwansuis anders is! Op daardie oomblik word Satan se leuens jou rasionaal om op te tree en te praat op ‘n manier wat God nie eerbiedig nie en jouself in die proses seermaak.
Die Bybel sê: “As ons beweer dat ons nie sonde het nie, mislei ons onsself.” Deur ‘n hardekwas houding in te neem en die ou “ja, maar” te gebruik, verwyder ons onsself net verder van die waarheid. En dit is gevaarlik, veral as jy wegbreek van die mense wat bereid is om eerlik met jou te wees, en jou beste belange op die hart dra. Wanneer Satan kom sy “verdeel-en-oorwin” strategie, weier om dit te koop. Bly verbonde aan God se mense, God se Woord, God se Gees, God se plan en God se doel vir jou lewe.
Wanneer dit by werksetiek kom, “Gaan leer by die mier wat wysheid is” (Spr 6:6 NLV). Hierdie klein reusie van fluksheid leer ons waardevolle beginsels…
Untitled Document Christus se vervolgers het gesê, '"...Hy hits... die volk aan..."' (Lukas 23:5 NLV). Die apostels se vervolgers het gesê, '"DÃt is die mense…