Wees beleefd

manners2406

manners2406Alledaagse beleefdheid is glad nie meer so alledaags nie. En dit is nie goed nie, want die Bybel sê, “Wees almal eensgesind, simpatiek, lief vir mekaar, goedhartig en nederig. Dit is waarvoor Hy julle sal seën” (1 Pet 3:8-9 NLV). Partykeer is ons nie seker hoe om God tevrede te stel nie. Selfs predikante maak dit soms moeilik met ‘n reeks uitgerekte voorskrifte. Maar die profeet Miga het dit vereenvoudig: “Die Here verwag van julle om reg te laat geskied, om liefde en trou te bewys, en om nederig voor God te lewe” (Miga 6:8 NLV). Eenvoudiger kan dit nie wees nie! Beoefen die volgende tien dinge daagliks en leer dit vir jou kinders: (1) Gaan uit jou pad uit om met mense te praat. “Mooi woorde is goed vir die gees” (Spr 16:24 NLV). (2) Onthou mense se name – dit wys dat jy hulle belangrik ag. (3) Glimlag; dit helder jou gesig op. (4) Wees vriendelik en behulpsaam – mense sal jou ook so behandel (Spr 18:24). (5) Toon egte belangstelling. Jy kan iets goeds in elke mens vind (Fil 4:8). (6) Gee jou lof in oormaat en wees versigtig met jou kritiek. (7) Moenie veroordeel nie. Daar is drie weergawes van elke storie – joune, hulle s’n en die regte een. (8) In plaas van om mense te gebruik, bedien hulle: “Gebruik dit om mekaar met liefde te dien” (Gal 5:13 NLV). (9) Vertrou mense – dit lei tot langdurige verhoudings. (10) Wees nederig.

Beleefdheid het twee dinge tot gevolg: (a) Dit dui daarop dat jy goeie ouers gehad het. Jesus het gesê, “Julle moet so lewe dat die mense julle Vader daarvoor prys” (Matt 5:16 NLV). (b) Dit bepaal die seëninge wat jy sal ontvang. “Dit is waarvoor Hy  julle sal seën” (1 Pet 3:8 NLV).

©radiokansel.co.za

Scroll to Top