Op ‘n dag was Rebekka by die waterput, toe ‘n ou man haar nader en vra vir ‘n slukkie water. Sonder aarseling het sy ja gesê. Toe het sy ook aangebied om vir sy kamele water te gee. Dit was nie ‘n klein gebaar nie. Een kameel
Rebekka se vrygewigheid staan in sterk kontras met die gesindheid van ons dag. Sy het gesê: “Ek sal nie net doen wat jy van my vra nie; ek sal meer as dit doen.” Daarteenoor sê baie mense vandag: “Ek gaan die minste moontlik doen en probeer om soveel as moontlik daaruit te kry.” Ongelukkig het hierdie gesindheid ook in God se kinders posgevat. Die Rebekka-beginsel leer ons dat wanneer jy na klein geleenthede soek om te gee, dit groot beloning tot gevolg het.
Kopiereg 2009 Radiokansel



