Die onbreekbare borsel

Laughing ‘n Verkoopsman demonstreer onbreekbare borsels in ‘n afdelingswinkel. Hy het die mense wat vir ‘n oomblik stilgestaan het beindruk deur die borsel deur die allervreeslikste toetse te sit.

 

Toe, in ‘n poging om die skeptiese mense finaal te beindruk, buig hy die borsel so erg dat dit met ‘n groot knal in twee stukke breek.

 

Sonder om ‘n noot te mis, hou hy braaf die onbreekbare borsel se twee helftes omhoog vir almal om te sien en sê; “En dit dames en here, is hoe ‘n onbreekbare borsel aan die binnekant lyk.”

Scroll to Top