Die invloed van Oupa en Ouma

Hierdie kostelike brief is deur ‘n kind geskryf: “‘n Ouma is ‘n tannie wat nie haar eie kinders het nie. Sy hou van ander mense se klein seuntjies en dogtertjies. ‘n Oupa is ‘n oom-Ouma. Hy gaan stap graag saam met seuntjies en dan praat hulle oor visvang en sulke goeters. Oumas hoef nie enigiets te doen behalwe om net daar te wees nie. Hulle is so oud, hulle mag nie hardloop of woeste speletjies speel nie. Dit is goed genoeg as hulle ons na die winkel toe kan vat waar die speel-speel perd is, en baie geld saamvat.

As hulle saam met ons gaan stap, sal hulle stop wanneer ons na mooi blare of wurms wil kyk. Hulle mag nooit ‘Maak gou!’ sê nie. Oumas is gewoonlik vet, maar nie te vet om jou skoene vas te maak nie. Hulle dra brille en snaakse onderklere. En hulle kan hulle tande en tandvleise uithaal. Oumas hoef nie slim te wees nie; hulle hoef net vrae te kan beantwoord soos: ‘Hoekom het God nie ‘n vrou nie?’ en ‘Hoekom jaag honde katte?’ Wanneer hulle stories lees, slaan hulle nie dele oor nie, en hulle gee nie om om dieselfde storie weer te lees nie. Almal moet ‘n ouma hê, veral as hulle nie ‘n TV het nie, want hulle is die enigste grootmense wat tyd het vir kinders.”

Oupa of Ouma, as jy nie daarvan gehou het om ‘n ouer te wees nie, kry jy nou ‘n tweede kans – met jou kleinkinders. Moenie die geleentheid laat verbygaan nie! As jou kinders jou kleinkinders as kinders van God grootmaak, bemoedig hulle en versterk hulle deur jou eie voorbeeld. As hulle dit nie doen nie, is dit jou verantwoordelikheid! “Julle moet dit alles vir julle kinders en julle kleinkinders inskerp,” (Deut. 4:9, NAV).

Radio Kansel

Scroll to Top