Die gebed wat God beantwoord

Answered Prayer

Answered PrayerNet toe die Israeliete gedink het dat dit nie erger met hulle kon gaan nie, het dit! Farao het hulle wreed behandel en hulle hard laat werk.

Daar het drie dinge gebeur:

(1) Hulle “het egter nog steeds gebuk gegaan onder slawewerk” (Eks 2:23 NLV). Hulle het nie woorde gehad om hul stryd te beskryf nie, en het besef dat hulle nie so kon voortgaan nie. Dus het hulle

(2) “Om hulp geroep” (Eks 2:23 NLV). God het gesien hoe swaar hulle kry en hulle noodkreet het opgestyg na Hom toe. Hy het op hul gebed gewag sodat hy dit kon beantwoord. Dawid verklaar, “Ek het die Here lief, want hy antwoord my smeekgebed. Omdat Hy na my geluister het, sal ek Hom aanroep solank ek lewe” (Ps 116:1-2 NLV). In plaas daarvan om te kla, bid! Gee vir God ‘n gebed om te beantwoord en Hy sal. “Hoekom sal God tog na iemand soos ek luister?”, wonder jy.

Want: (3) “Hy het onthou dat Hy ‘n verbond met Abraham, Isak en Jakob gesluit het en gesien wat met die Israelite gebeur” (Eks 2:24-25 NLV). God het hul gebede verhoor omdat Hy ‘n verbond gehad het met hul vader. Hy het hulle raakgesien omdat hulle Abraham se kinders was. Hy sal om dieselfde rede jou gebede verhoor. “God julle vergewe het op grond van wat Christus gedoen het” (Ef 4:32 NLV). God se genade en guns is vandag joune omdat jy aan Jesus Christus behoort. “Ek verseker julle, wat julle ook al van die Vader vra op grond van My Naam, sal Hy aan julle gee. Hou aan bid, en julle sal ontvang sodat julle blydskap volledig kan wees” (Joh 16:23-24 NLV).

Hoe wonderlik is dit nie?

Kopiereg 2009 Radiokansel

Scroll to Top