Die aanraking van die Meester se hand

violen0807

violen0807“Dit was gehawend en op plekke stukkend en die afslaer het nie gedink dis eers die moeite werd om baie tyd op die ou viool te spandeer nie, en hy het dit omhoog gehou met ‘n glimlag.

‘Wat is die bod op hierdie viool? Wie sal vir my begin? Tien rand, wie sal dit twintig maak? Twintig, wie sal dit dertig maak? Dertig rand vir die eerste maal… vir die tweede maal, hy gaan vir dertig…’

Maar toe kom ‘n grys ou man van agter in die saal af en neem die strykstok. Hy het die ou viool afgestof, die snare styf getrek en ‘n pragtige, suiwer melodie gespeel.

Toe die musiek ophou, het die afslaer in ‘n stil en lae stem gevra: ‘Wat is die bod op hierdie viool? ‘n Duisend rand, en wie sal dit tweeduisend maak? Tweeduisend, en wie sal dit drieduisend maak? Drieduisend, een maal, twee maal en hy is verkoop!’

Die mense het hande geklap, maar sommige het gesê: “Ons verstaan nie mooi nie. Wat het die viool se waarde verander?” Toe kom die antwoord: “Die aanraking van die meester se hand.”

Baie mense wie se lewens nie in harmonie is nie, en gehawend en stukkend is weens sonde, word opgeveil voor ‘n onnadenkende skare – net soos die ou viool. ‘n Bord lensiesop, ‘n glas wyn, ‘n gelukspel en hy skuifel verder: een maal, twee maal, en hy is amper weg.

Maar dan kom die Meester, en die skare sal nooit die waarde van die siel en die verandering wat die aanraking van die Meester se hand teweeg gebring het, heeltemal kleinkry nie.”

Bron : Radiokansel

Scroll to Top