
Beteken dit dat mense met “issues” nie vir God kan werk nie? Nee, juis andersom. Dit is die gebrokenes wat meesters word met genesing. Maar eers moet jy tyd maak om self genees te word. Jesus het gesê dat wanneer twee blindes mekaar lei, albei in die sloot sal beland (Matt 15:14). Dit is moeilik om ander mense tot oorwinning aan te spoor as jou eie lewe een van opgee is. Dit is moeilik om ander mense emosioneel te ondersteun terwyl jy steeds ‘n stryd stry teen onverwerkte gebeure uit jou verlede. Terwyl jy self bloei, kan jy nie mense se probleme met dieselfde passievolle geloof aanspreek, soos wat jy sou kon as jy reeds deur jou probleme gewerk het nie.
Is dit sonde om ‘n seer hart te hê? Nee, maar dit sou verkeerd wees om nie daarmee te deel nie. Spandeer tyd met God en laat Hom toe om jou heel te maak sodat Hy jou kan gebruik om ander mense beter te bedien.
© radiokansel.co.za


